Kinderbediening
Lukas 18:16
"Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
Kinderkerk & Sondagskool
Tydens skool kwartale. Vir kinders van 5 tot 15 jaar.
Kinderkerk
Elke tweede Sondag, tydens die erediens om 09:00
Sondagskool
Elke Sondag, na die erediens om 10:15

Vakansie Bybelskool (VBS)
Elke jaar gedurende die Junie-skoolvakansie bied ons Kinderbediening ‘n weeklange program aan, bekend as die VBS.
Elke dag ontvang die kinders waardevolle lesse uit God se Woord, geniet hulle kreatiewe handwerkaktiwiteite en smul heerlik aan 'n ligte middagete.
.